|
11-02-2011 09:21
Sjoe 'n ervaring duisend! Ek is so bly om weer ietsie te hoor en te kan lees. Enjoy die laaste paar dae saam met die kids en Johnny! Ek google waar julle is, dit is amazing hoe mooi Djenne is met die modder geboude kastele, maar alle teerstrate het opgeraak in Afrika!!! Dis net sand en sand en sand. Love U all xxx
08-02-2011 23:06
Hallo julle Lotters!! Ek enjoy elke oomblik van die trip via tegnologie! - verwonder my oor al die dinge wat julle daar ervaar - vanaand sms van Elaina gekry-bly julle kuier lekker saam en dat hulle dié deel van'n lewenservaring kan witness.Sien uit om 3/4 van julle vlge week te sien - is elke dag vir die myle wat voorlê in die gees saam met jou Merlinda! Good luck girl, God bless and be with u. baie liefde van Zyls
08-02-2011 17:02
Julle twee is my ultimate heros!!! En julle kids is great. Geniet die laaste rukkie met die kids. Mis vir julle.xx
08-02-2011 10:37
Hey, hoop dit gaan goed met al die Lotters daar in donker Afrika!! Uiteindelik het Telkom ons nuwe ADSL-lyne geïnstalleer en kan ons op hoogte kom met als wat jul beleef en aanvang! Lekker gelees aan al jul Blog-entries, klink amazing!! Mis julle baie, hoop jul kuier lekker saam met kids. Charl en ek vlieg 22 Feb Rwanda toe, hy moet gaan vir werkstories, daarna gaan ons Gorillas kyk!! Baie opgewonde en kan nie wag nie, iets wat ek nog altyd wou doen, op my bucketlist. Anyway, enjoy en pas julself op!! XXX
08-02-2011 10:20
Hi M. Dink so baie aan jou! Sooooo trots op jou! Hoop jy geniet elke oomblik ongelooflik. Hoor julle al 4 nou bymekaar. Enjoy, enjoy, enjoy!
07-02-2011 10:10
Hallo julle 4 Lotters! So Budapest-Bamako is klaar!! Bamako-Pretoria het al meer as 'n week terug begin! Bly Jonathan en Elaina is daar om 'n bietjie van die avontuur te ervaar! Mis julle baie! Soene van zulu land af! xxx
06-02-2011 20:59
Hi julle dit klink ongelooflik wat julle al deurgemaak het. weet julle geniet dit. Pas jou op merlinda. Liefde esme
Ek kry sommer rillings as ek alles lees kan my net indink hoe dit is...... al so n paar avonture gehad net nie so intens soos julle nie. Donker Afrika le nou voor, maar dit lyk my die LIG is voor in julle pad. Die VADER kyk al pad na julle. HY hou Sy hand oor julle en beskerm julle. Ek kan nog steeds nie glo dat Timbukto so bekombaar is nie. Veilig ry Liefdegroete Rene
04-02-2011 11:19
Hi julle 4 Lotters!!!! Ek en Esmé lees nou van al julle lekker avonture!!!! Geniet dit vreeslik en geniet die tyd saam met mekaar! Ons kanni wag om julle weer te sien nie! Lvjulle x
03-02-2011 17:28
Love love jul blog, ....al die stories. SO gr8 dat jul almal nou as familie saam is. Die silwer hartjie werk! FYI...My chemo uitgestel tot 4 April. Op "pil" tot dan sodat wond 100% kan genees. Ek bid Jesus se seën oor julle en jou trippie af (ek gaan gou elke dag met gebed "cover"). Baie liefde, Aleyda xx
|
