|
14-02-2011 18:31
JA .... NOU HET EK DIE KOORS...!!! EK, (ONS)WIL NOU BY JOU UITKOM!! EK EN MARNA. ONS KWYL AS ONS ALS LEES OP JOU BLOG - ONS WIL AS DIT MOONTLIK IS?? N KLEIN DEELTJIE VAN JOU TRIP BELEEF!!?? ONS VRIENDIN BIETJIE GAAN ONDERSTEUN, N PAAR AANDE TENT OPSLAAN VIR JOU, VUUR MAAK EN VLEIS BRAAI - JOU BEDERF EN DAN TERUG NA ALLEDAAGSE LEWE... MAAR TOT DAN , MOET JY MOOI RY MY MAIKIE- BE SAFE!! - JY'S HEELTYD IN MY GEDAGTES!! XXXXX
14-02-2011 16:23
WOW, Happy V-day in Bamako!! Ek is ene smiles!! Daar is net EEN van jou!! Jy inspireer menige vroue en ons sien uit na jou vordering en terugkoms!! WELL DONE sovêr!! Geniet die warm bad in Bamako nog vanaand voor die groot tog begin. Ek het die wonderlikste dag gehad om met jou te kon GESELS en jou te kon SIEN, die son kan nou maar ondergaan in SA op 14/2/2011. JY het my dag gemaak!! VIVA MERLINDA!!
14-02-2011 12:23
Hi Merlinda. Groet jou vanuit 'n lowergroen Laeveld. Ons kannie wag om elke oggend op jou blok in te gaan nie. Ons 2 oues van dae bewonder jou deursettingsvermoë. Geniet elke oomblik - slaggate of te nie!!! Lovies Oom Lieb en Tannie Ria x-x
13-02-2011 19:23
Hi Miena. Baie lekker gelees aan jou blog, en klink darem of julle jul vreeslik geniet het. Jy moet mooi terug ry en jouself mooi oppas. Geniet elke oomblik en ek sien uit na die volgende nuus en foto's
12-02-2011 19:44
Hi Ek lees gereeld en gieniet al julle belewenisse. Geniet dit, wat n voorreg om ons kontinent so te kan beleef. Liefde. Hannelie Smit (AvWpp)
12-02-2011 18:48
Gegroet uit 'n ysige Moscow. Volg jou trip met belangstelling. Mag dit 'n groot trip wees terug huis toe. Vreugde!
12-02-2011 11:59
hallo, alles klink so amazing en hoe wonderlik vir julle familie om saam te wees. Hoop die trip terug is ALLES wat jy gedroom het dit sal wees, enjoy elke oomblik!! Lovies
11-02-2011 23:18
Dis 11pm in Joburg,partykeer dink ek daars nie veel verskil tussen julle trip en die stadslewe nie,vrek aanie gang,elke dag interessant,nuwe plekke,dinge,craziness..le innie bed met my i pad en lees aan die amazing plekke wat julle ervaar,klink nogal soos Yemen met tye..wat n ongelooflike avontuur..liefdegroete aan al die kids,ry veilig en neem baie fotos...ciao cioa,vanuit ons eie Joburg Afrika Village (:-D
11-02-2011 16:35
Irma Lombard
( Potties/Pta
, South Africa
)
Hi daar! Dink so baie aan julle en glo jul geniet jul gate uit! Mis vir Jonathan by Affies!! Wees veilig!! Liefde van almal hier.
11-02-2011 12:31
Lee & Rohan
( Pretoria
, RSA
)
Wat 'n amazing experience!! Sal graag ook so iets wil aanpak!! Geniet elke oomblik van die adventure verder!
|
