Rally - Blog
Jan 18, 2011

Khenifra Morocco


Category:Budapest - Bamako
Ons het die nierstene en die pyne van die aand oorleef. Die son skyn, maar dis koud soos ons winter en ons is oppad na Khenifra, waar die Afrika gedeelte van die rally begin. More oggend om 7 uur het ons ons 1 ste "briefing" oor die wedren. Ons ry more oor die Atlas berge 300 m bo seespieël. Die bietjie wat ons sover van die berge gesien het, lê die toppe van die berge spierwit. More begin die groot sport. Klomp amateurs wat baie stickers op hulle karre geplak het en wat op 'n ongeorganiseerde/organiseerde chaotiese reis deur die noorde van Afrika jaag met karre. Mal sê ek vir jou, heeltemal mal!!