Rally - Blog
Jan 14, 2011

Red Tape en skiet-gebede


Category:Budapest - Bamako

Na gister se 24 uur van "planes, trains & taxi" het ek 'n moerse gat in die bed geslaap.  Bietjie senuwee-agtig is ons vroeg uit die hotel oppad om die shippping agent Filipe te gaan ontmoet.  Een klein probleempie - ons het die sak met al die kar se dokumente in die kamer vergeet en moes in mooi Spaans vir die tannie taxi bestuurder verduidelik om weer terug te ry hotel toe.  Almal by die kantoor het geweet wie ons was toe ons instap - sker omdat ek gister al 10 keer gebel het.  Filepe het met sy spiky hare en funky brille deur sy tolk aan ons verduidelik wat hy alles nodig het.  Onder andere 'n "Carnet de Passage" ('n dokument vir tydelike invoer van 'n voertuig in 'n land).  Ek het alles vir hom reg gehad, behalwe dat my Carnet nie geldig is vir Europa nie.  Ek weet, ek weet my eerste port is Europa, maar die tannie by die AA kantoor wat die goed uiteik het my verseker dat dit onnodig is vir Europa en dat dit nog 'n paar duisend randjie uit my sak sou jaag.  Wel ek het nie vanoggend met haar saam gestem nie.... Toe hulle besef dat ek nie die permit het nie, het hulle net hul skouers opgetrek, deur hul tande gesis en gebla, bla, bla.  Die tolk het met haar gebroke Engels aan ons probeer verduidelik dat ons eers Dinsdag of miskien Woensdag die kar sal kan kry.  Okay, ek het mooi, stadig en duidelik aan hulle die rally dokumente oorhandig en my saak gestel.  Ons is gese om die stad te gaan verken en hulle sal ons bel as daar nuus is.  By 'n sif Chinese kofie winkel om die draai het ons gaan sit met ons hande in ons hare - leterlik!  Toe kom die volgende oproep, die ou uit Madrid wil weet of ons asseransie het.  NEE, want: 1.  Niemand in SA verseker jou buite die suidelike  Afika lande nie.  2.  Niemand in die res van die wêreld verseker jou nie, want jou kar is in SA geregistreer.  So wat nou.  'n Kampvuur storie het gevolg en ons het wonderbaarlik versekering gekry wat die engele afgelewer het.  2 min daarna is ons oppad na die port om ons baba buffel kar te gaan haal.  Ek en Johnny het gespook om die rooftop tent, die spaarwiel en lere terug te pas.

Met 'n stuurwiel wat aan die verkeerde kant sit van die pad en 'n paar benoude gille aan my kant, het ons parkeerplek in die straat voor die hotel gekry -  daar is nie 'n parkeer garage in Valencia waar daardie monster trok sal inpas nie.  Ons het tot ounag toe nog kakkies ingepak en uitgepak.  Nou na 'n lekker bier is dit tyd om dankie te se vir die Engele wat Liewe Jesus vandag gestuur het.

Wie't gesê jy het 'n "garnet" en asseransie nodig om "custom clearance" te kry.  Blykbaar nie in Spanje nie.  En hulle sê ons is 'n 3de wêreld land.......