Rally - Blog
Mar 1, 2011

Cameroon


Category:Budapest - Bamako
Soos gewoonlik my misgus met paaie se kondisies. Eers 12 uur op Cameroon grens aangekom en 1 uur die famous Ikom-Mamfe pad aangedurf. Ek moet sê dit was so bietjie oorweldigend - vrou alleen in die middel van die jungle. Maar geen insidente, pad gaanbaar en veilig 2 ure later in Mamfe. Ingeboek in die Data Inn, kla blik doom op bed uitgespuit - nou spring die goeters eers op en af. Ten minste 'n 15 shake BP (babapoeier). Lekker aandete : John West tuna en marie beskuitjies.