Jan 17, 2011

Fez Morocco


Category:Budapest - Bamako

Ons reël vir ons 'n digs om vir ons die dorp te gaan wys. Fez is een van die oudste stede in Morocco. Ons rooi Uno taxi laai ons voor die poorte van die ou Medina (stad) af. Ons guide lyk soos iemand uit 'n clux clux clan movie, met sy lang grys jas en punt hoed. Dis 'n moslem winter uitrusting. Soos enige ander 3 de wêreld se ou stad is daar duisende stegies, donkies, katte, perde en vreemde kreature. Ons word vriendelik ontvang met 'n koppie soet tee by die mat plek. Daar word in detail aan ons verduidelik oor hoe die matte gemaak word, die mat waarvan ons die meeste hou word eenkant gesit en die prys word geopenbaar. Net R35,000 sjoe dis 'n bargain. Ons probeer uit die ding uitkom - maar die ouens is goed. Baja goed. Ons trap klei en ek maak vir die deur en los Johnny alleen om die Arabier van sy lyf af te kry. Ons sien en ervaar weereens soos baie keer van te vore ongelooflike "sights, sounds en smells".

Die pad roep en ons is oppad Makfez toe. Die ompad neem ons na ou Romeinse ruines toe, dis laatmiddag en die son val prentjie mooi op die pilare wat die toets van die tyd weerstaan het. Dis donker toe ons MakFez inry en na 'n uur in spitsverkeer kom ons uiteindelik by 'n redelike hotel aan. Te moeg om nog nou strate te trotseer besluit ons om sommer die Pizza Hut om die draai te ondersteun. Johnny kry 'n niersteen aanval en ons eet ons pizza in die kamer terwyl ons na WWF kyk.