Mar 28, 2011

Grenspos na Angola


Category:Budapest - Bamako

Ons het gister ons kar gekry, alles in een stuk, behalwe dat ek die yoghurt in die yskas vergeet het. Dit was nie 'n mooi gesig nie, die reuk was ondraaglik. Het 'n uur gevat om dit skoon te maak. Het in klein dorpie met dodgy hotel geslaap gisteraand, soos altyd het hul aircon. Die hitte is net so uitputtend. Vroeg by Congo grens, dit het 2 ure gevat en U$100 verder - 1 ste land wat ek moet betaal on te verlaat. Angola ook baie tydsaam eers 2 uur vanmiddag daar weg. Slaap vanaand in N'zeto op die weskus. More lang stretch om verby Luanda te kom. Dis lekker om "maaitjies" in die kar te hê, nou hoef ek nie meer met myself te praat nie!

Uit die co-driver se pen: Ons gesin sit nou op die grens tussen DRC en Angola en is besig om die papierwerk te begin..... Merlinda het 'n helde ontvangs hier gekry!