Jan 14, 2011

Die begin


Category:Budapest - Bamako

Dis nooit fun om met 'n 20kg tas deur Europa te toer nie.  Ons toer nou nie, maar om in Valencia uit te kom was dit 2 vliegtuie, 2 busse, 1 trein en 2 taxi's.  Gewoonlike is ek 'n redelike georganiseerde wêreld reisiger, maar nie hierdie keer nie.  Ons hadbagasie het 15kg stuks geweeg + 'n kamerasak + daai sak met die labtop in + daai wors ding vir die stickers + daai warm baadjie + daai serp wat my man dink 'n dubbelbed kombers is, en die lys hou aan.  Met ander woorde ons is gatvol. Het darem net een maal op mekaar geskreeu.....

Op die Plaza Valle Paco het ons 'n stunning restaurant raakgeloop en ons daar onder die sterre het ons onself gaan neerplak met die kerktoring as ons backdrop.  Ek het dadelik 'n bier bestel, dit afgesluk met 'n sjerrie en 'n bord Spaanse paella  opgeët.  Ons het geremenis oor travel en ons groot expedisie. Om te toer en vakansie te hou , prikkel al jou sintuie, dit maak jou opgewonde en dit voed jou siel.  Ons het ook die vraag gevrae soos " hoe vêr is Pretoria regtig van hier af?"  -  die antwoord:  "baie vêr!"

Het vandag met die shipping agent in Valencia in verbinding getree soos ek opdrag gegee is.  Maar tot my verbasing praat niemand in die kantoor engels nie.  Ek kon gelukkig by hoofkantoor in Madrid vir Oscar Bravo opspoor en hy het met hulle in verbindig getree.  Goeie nuus is:  die kar is wel hier!!  Ons moet more oggend 9 uur aanmeld met alle dokumentasie en dan hoop en bid ons om more nog die kar te hê.