Mar 5, 2011

100km van Lastoursville


Category:Budapest - Bamako

Het toe met ferry by Booue oor die rivier gegaan. Twee padskrapers saam my. Gaan deur Lopé Park ry na Franceville.

5km nadat ek brandstof ingegooi het, het die buffel gaan staan en nou sukkel die bos mechanics om uit te vind hoekom. 'n Trok sleep my tot die naaste village. Ek dink dis vuil brandstof en filters moet vervang word en die local bos mechanic sê die petrolpomp kry nie krag nie. Motor draai en wil wil vat, so moet petrol toevoer wees. Sal more die kar uitsorteer. Ek oornag in klein hotel in village - veilig en het aircon!