Rally - Blog
Jan 16, 2011

Melilla Morocco


Category:Budapest - Bamako

Melilla is 'n spaanse dorp in Afrika. Jy kan net uit Spanje uit ry, maar ons moet 'n "UIT" stamp in ons paspoorte kry. Niemand verstaan dit nie, maar ons kry dit reg om die ou te oortuig om net 'n stamp daar te sit wat sê ons verlaat Spanje nou. By die grenspos aan die Morokaanse kant is die rye lank, ons val geduldig in die paspoort ry. Na twee ure is ons ook voor en dit vat 'n tydjie om ons paspoorte na te gaan. Sien daar is net 2 lande in die WêRELD wat visums nodig het vir Morocco - dis ons en Israel. Volgende ry is vir die voertuig, almal het sulke groen papiertjies - nie ons nie. Ons word aangesê om die groen papiere by die ander gebou oorkant die pad te gaan haal. Nadat ingevul is, is ons terug en dit vat weereens 'n rukkie om in Afrikaans of Engels te verduidelik dat hulle ons geel "carnet" papier moet stamp. Moet sê almal is vriendelik en behulpsaam vir wat dit mag werd wees, want ons verstaan mekaar glad nie. Oh die Frans ...... 3 ure later is ons op ons pad. Stop vir 'n lekker warm broodjie langs die pad, gooi petrol in - goedkoper as Europa - trek geld by die autobank en Fez is ons volgende stop. Ons beland soos oudergewoonte op interessante paadjies, waar dit net ons, 'n donkie, paar skape en 'n Morokaan op 'n wit perd is.

Ons kom skemer in Fez aan, en'n local op 'n help my trap wys vir ons waar die hotel is. Ons stap in die strate rond en eet by 'n lekker joint, geurige local kos.