Rally - Blog
Apr 3, 2011

Trans-kalahari Highway


Category:Budapest - Bamako

Ons het vroeg opgestaan en Namibië totsiens gesê en die langpad aangedurf deur Botswana. Ry die hele dag om net voor 6 uur Sondagaand by die SA grens te wees. Ons eet KFC in Rustenburg en vat weer die teerpad huistoe. Moeg maar tog angstig om my droom te voltooi.

Dis 22:35 toe ons afdraai in Charlesstraat, 5 km vanaf eindbestemming van BB3 projek - na 20030 km se reis.

Ek ruik my bed!

Ek sal my blog op datum bring sodra ek uitgepak is!