Rally - Blog
Apr 2, 2011

Etosha Namibië


Category:Budapest - Bamako

Paaie in Angola is onbegaanbaaar, hul het vreeslik baie reën gehad - net een modder spul en een pothole op die ander. Ons het eergisteraand op pad beland wat net 100km lank is en veronderstel om ons so max 2 ure te vat, het ons 9 ure gevat. Ons het 2 uur die oggend langs n petrolstasie ingetrek en al 4 het in die kar geslaap. Die pad grens toe was nie veel beter nie. Het die grens met 2 minute gemis. Ons was 18:45 daar en grens maak 19:00 toe. Ek weet..... maak maar self die som.

Gister veilig deur Namibië, lekker Wimpy ontbyt, Etosha stunning soos altyd, tot leeus gesien. Vandag laaaang pad terug huis toe, sal sien waar slaap ons oor.