Rally - Blog
Mar 26, 2011

SA na Kinshasa DRC


Category:Budapest - Bamako

I'm leaving on a jet plane, dont' know when I'll be back again........

Maar hierdie keer sleep ek weer die familie saam donker Afrika toe.  Na 'n week van absolute HEL wat ek deur is met die Angolese konsolaat in Johannersburg het ek gister middig triomfanklik met 4 paspoorte daar uitgestap. Ons is wel net 72 uur gegee om Angola in te gaan en net 7 dae om deur dit te reis.  Die 'catch' is net dat die 7dae al Saterdag begin het.  M.a.w. ons moet volgende week en Vrydag uit Angola uit wees. Volgens alle inligting wat ek het is dit heel doenbaar en haalbaar. Net jammer ons het nie tyd om die land beter te verken nie. Al is ek nou redelik gatvol vir die ambasade is dit nie fair dat ek dit uithaal op die land en sy mense nie.

Ek is wel baie opgewonde om Johnny en die kinders saam te vat. Net om die magtige Kongo rivier te sien is so 'n ongelooflike vorreg. Hulle gaan nou nie soos ek, die voorreg hê om in die Kongorivier te swem nie. Daar is en elke geval nie veel mense wat ek ken wat kan sê dat hulle dit al gedoen het nie...

As ons die Buffel opstart moremiddag dan draai haar neus nou weer suid vir 'n lang rukkie. Johnny en die kids sal moet begin eet om al die proviant wat ek vir Afrika ingepak het minder te maak. Ons sal sekerlik in Kinshasa oorslaap en dan vroeg Maandag oggend WEER terugry na die Angola grens toe by Luvo. Vandaar vat die pad ons na M'banza-Kongo vanwaar ons wegdraai kus toe.

Hoop om julle op hoogte te hou van al die kapperjolle van die aangeteelde ekspedisie lede. Groete uit 'n Pretoria - vir oulaas 'n bad en 'n droomland bed!!