Rally - Blog
Mar 9, 2011

Brazzaville


Category:Budapest - Bamako
Ek is veilig in Brazzaville by vriende se vriende. Lekker ge-eet en gaan nou weer stort, jip hiers water wat uit stortkop kom. Hulle gereël vir die kar se regmaak more en moet ek nog my visa uitsorteer vir Angola. So as als reg uitwerk is ek dalk Vrydag 11/3/2011 weer oppad! Voel al klaar beter, amazing wat kos doen. Maklik die 3 kakste dae van my lewe gehad, naas chemo natuurlik. Ek sal my blog probeer op datum hou met kort sms'e en wanneer ek tyd kry my ervaringe in detail met julle deel.