Rally - Blog
Mar 9, 2011

Nogsteeds oppad na Brazzaville


Category:Budapest - Bamako
Ek het nou drie dae beleef van uiterstes! Eers die petrolpomp, dan die niks paaie en NIKS mense (3 karre op die meeste..,) dan die vassit, en nou die slaap in my kar sommer in 'n village langs die pad met 50 om die buffel. Ek gaan haar saggies hier probeer uitry, nog in half donkerte, voor die village wakker word. Dis ongelooflik warm.... Suikersand se moses het ek in Afrika teegekom.... Dis 'n vulletjie teen hierdie "paaie" wat ek nou self maak en ry! Ek is so 300 km vanaf Brazzaville af wat my tussen 6 na 8 ure gaan neem om te ry. Hopelik is ek vanaand in Brazzaville waar die buffel se clutch ook eers moet reggemaak word en ek eers bietjie moet rus. AFRIKA is verseker nie vir SISSIES nie....