Rally - Blog
Feb 20, 2011

Ghana : Accra


Category:Budapest - Bamako

Ek word wakker van ‘n TV wat kliphard aan is.  Ek spring gou deur die koue stort en hang soos ‘n vlermuis bo-oor die spons  toilet sitplek.  Draai die fan op fullblast en paint die gesiggie.  Ek blaas nie meer hare nie, want as ek uit my kamer uitloop dan drip die sweet my af.  Dit lyk kompleet of iemand my met ‘n emmer water nat gegooi het.  Ek loop soos ‘n ou tannie met my fantjie en sakdoekie rond.  Ek ‘dap’ die sweet en dan fan ek vir ‘n vale.  Ek stap Big Milly’s toe – maar daar is geen lewe hierdie tyd van die oggend na so lekker kamerjol nie.  Ek wou vir Noah gaan sȇ ek gaan nie die kamer by BM vat vir die volgende 2 aande nie.  Eerstens, want ek is bang die goed lȇ en slaap die hele dag en dan is daar weer en of ander vorm van Afrika dromme wat gespeel mag word. Tweedens, daar is geen wi-fi nie en derdens, dis regtig baie warm en dis 7uur in die oggend – hoe gaan ek die dag omkry??

Johnny is by die werk en ek sit hom aan om gou vir my ‘n ander hotel te soek in of naby die stad.  Hy is nie suksesvol nie, maar op die oomblik bel Charl hom en hy lig hom in oor ek wat akomodasie soek.  Charl bel sy MTN kontak in Accra en 5 min later het ek die laaste kamer in die Holiday Inn of eintlik in die hele Accra.  Thanx Charl!!

5min later en ek book in.  Ek het die rus nodig, ek het ‘n aircon en warm water nodig.  Ek het ‘n sagte bed en skoon vloere nodig.  Ek het ‘n gewone toilet nodig, sonder die spons thingie.  Hank van der Merwe, is hier om werk te doen vir MTN en ek ontmoet hom by die swembad vir middagete.  Ek oordoen die etery met springrolls en ‘n hoeder sosatie.  Dit het nie lank ingebly nie.  Natalie wat vir MTN in Accra werk, ontmoet my vir sundowners en sy neem my uit na die Polo Club vir ‘n heerlike aandete.  Weer is dit te veel vir my.  Miskien het my maag gekrimp of miskien is die kos net te ryk.  Ek klim in daai sagte crispy hemelse bed in met my warm jamies (want die aircon is so koud), en ek dank die Here!!