Rally - Blog
Feb 27, 2011

Nigeria


Category:Budapest - Bamako

Gelukkig het ek weer nie geslaap nie – moerse ‘campaign’ partytjie reg langs my kamer.  5 uur is ek reg vir die groot avontuur na Nigeria.  Emanuel my guide van die vorige dag in Benin, ry voor met sy kar en Sunday is van Lagos af, hy gaan my vergesel op my reis deur die 'scary' Nigeria, einlik is hy net daar om my deur Lagos te kry.  Ek het nie streetmaps nie.  Hy sit links voor – hy gaan saam.  Hy kan nie wag vir die son om op te kom nie, hierdie ding lyk vir hom soos ‘n spaceship met 2 GPS’e, videokamera gemonteer (wat ek nog nie gebruik het nie),  Ipod, radio’s, Sat fone, jy noem dit en dit is daar.  Ons is sommer gou by die grens en die paspoort formaliteite aan die Benin kant is vinnig.  Die carnet moet gestamp word, maar die dame slaap, Emanual march daarin en gaan maak haar wakker.  Sy is nie happy nie. Ons wag ‘n ½ uur vir haar om uit slaap mode in werk mode in te kom.  Sy weet nie wat om te doen met die  papier nie, maar in stadige gebare taal en Frans het ek haar stap vir stap verduidelik.  Next stop  …. Nigeria ……

Geelkoorskaart word aan dikkerige dame oorhandig, en ek groet vriendelik.  Sy nie so entosiasties hierdie tyd van die oggend nie.  Hier volg die interressante gesprek:   “Do you have drugs? No Madam. Do you have no drugs? Yes Madam.  Do you have first aid kit? Yes Madam.  So you do have drugs? Yes Madam.  What are you going to do with the drugs? Only for when I’m getting sick Madam. Where did you get the drugs? From home Madam. Are you going to inject yourself? No Madam. So how do you know to take the drugs? Just for when I’m not feeling well Madam. So are you a doctor? No Madam. So do you know medicine? No Madam, my husband is a doctor. So where is your husband? In  South Africa Madam.  How will your husband know what drugs to give to you? I will phone him Madam. What water are you going to drink? Bottel water Madam.  I ask you, where are you going to get the water? At the shop Madam.  Did you bring water? No Madam. Is there illness from where you come?  Excuse me Madam I do not understand. I say is there somebody sick from where you travel? I do not know Madam. Maybe from the plane or so? I don’t think so Madam. Okay, you go..”  Toe gee sy die geelkaart vir haar ander dik vriend en hy skryf alles neer, dit het ook ‘n  rukkie geneem.

Nou lȇ my paspoort al ½ uur op die tafel en ek het klaar die vormpie ingevul.  ‘n Persoon kom roep my en my 2 aanhangers in ‘n kamer in.  Hy soek die kar se dokumentasie en myne is nie voldoende nie.  Ek verduidelik die carnet aan hom.  Hy sȇ ek moet stilbly en sȇ vir Emanual dat hy weet wat van my verwag word aangesien dit die eerste keer in Nigeria is.  Hy lig hom in dat ek nie hoef te betaal nie aangesien ek alreeds vir die carnet betaal het.  Die man noem dit dat dit dan ‘n lang oggend kan raak.  Ons word na customs toe getuur.  Die vriendelike dame en heer het my gegroet, my verwelkom in hulle land en dadelik my carnet gestamp.  My paspoort lȇ nog steeds net daar.  Hulle sȇ die baas moet eers kyk omdat ek die eerste keer in Nigeria is, en die baas is besig.  Met die is dit toe shift change ….. uit eindelik het die baas sy toestemming gegee en ek kan ingestamp word.  Elkeen neem die paspoort en kyk vir so 5 min na die visa en gee dit vir die volgende persoon wat dan seker maak hy het mooi gekyk en dan kyk hy ook, en so kyk hulle vir my paspoort en ek kyk vir hulle en daar sit ons…… die son is nou al lankal op en die grens raak besig.  Ek kry die groen lig en kan gaan.  Net die kar gestart en in tru-rat gesit toe die man aangehardloop kom, “your visa is expired” F@k daar gaan ek weer terug.  “No sir, look again” “You tell me how to do my work” “No sir, the visa only expire in one month sir” Moerse comotion en almal praat gelyk tot die aap my paspoort terug gee en vir my sȇ hy’s jammer hulle het verkeerd gekyk.  “Okay, you sure I can go now? Sure? Something else you want to check? Okay baai baai!” En dit was net die begin van my dag………

7 padblokades in die eerste 4km.  Hulle kan mekaar sien, hulle kan sien ek is nou net daar afgetrek, maar nee ek stop maar ewe geduldig.  Party is nuuskurig, ander agresief, ander vriendelik en ek weet nie wat die ander was nie.  Ek ruk alle dokument wat ek ure lank kreatief  op Word gemaak uit, moet sȇ dit  help elke keer, veral my Nelson Mandela badge.

Ek ry Lagos in:  dis onmoontlik om aan iemand die absolute chaotiese paaie te verduidelik.  Daar is geen padaanwysigings nie, daar is geen reȅls nie, daar is net onbeskryflike verkeer wat almal oppad is iewers heen.  Dis Sondag oggend en ek was so verlig omdat ek die verkeer gaan mis – wel ek wil dit nie enige ander dag van die week sien nie.  Die buffel blend nie lekker hier in nie , baie staar net, party waai en ander skreeu “South Africa”  Die vuvuzela kry baie aandag.  Ons kruip deur die stad en is uiteindelik 10uur op ‘n hoofweg.  Ek stop by die eerste “ultra city” en bestel ‘n pizza vir my Sondag ete.  Ek en Sunday vat weer die pad.  Die hoofweg is stunning 2 bane in en 2 bane uit.  Maar nie vir lank nie….. jip, potholes….! En as daar te veel potholes aan jou kant van die hiway is dan gaan ry jy aan die ander kant van die pad. 3 karre kom van agter af verby en dan kom daar nog 2 van voor af en almal probeer ‘n gat in die pad mis.  So jy moet jou ry ken.  Die ergste van die padblokades is – hulle stop net vir my, so ek het dieselfde trokke omtrent 20 keer verby gegaan.  Net as ek verby is moet ek weer stop.   Om nie eers van die spoed te praat wat hier gery word nie.  Ek is permanent onder die hooter – weet nie of hulle net groet of my uitkak nie.  Ek waai maar net.

Na ‘n dag van absolute hel op Nigeria se paaie kom ons sterk skemer in ‘n stad aan. ( Weet nie eers wat die naam is nie, gee ook nie eintlik om nie – nou nie dat ek gaan terugkom nie.)  Dis drukkend warm, die sweet tap my behoorlik af.  Ons book in die eerste en beste hotel in.  Daar is 2 airconditioners in my kamer, geen lig in die badkamer, geen warm water, ‘n stortkop met geen water, net ‘n kraan en ‘n emmer.  Ek geniet ‘n heerlike bucket shower en val op die bed neer.  Weet nie mooi wat om van hierdie dag te maak nie.  Weet nie mooi wat om van die land te maak nie. In kort: die land is stunning, die mense is ongelooflik vriendelik, 29 padblokades het my hartlik welkom geheet en my ‘n veilige reis toegewens en God se seȅn oor my uitgespreek.  3 was horrible, onaangename, arogante persone.  Ek het  die land geniet.  Die natuurskoon is stunning, riviere waarvan ons in Suider Afrika net van kan droom.  Korupsie is Nigeria se ‘enemy’ Korupsie is Afrika se ‘enemy’

500km   *  13 ure   *   32 padblokades  -  WELCOME TO NIGERIA, WE HOPE YOU ENJOY YOUR STAY.