Rally - Blog
Feb 28, 2011

Nigeria: Calabar


Category:Budapest - Bamako

Ek het een dag in hierdie CRAZY plek oorleef, nou is ek reg vir nog 'n dag.  Slaap begin nou vir my 'n luxury word.  Die hotel waar ek gisteraand oornag het is ook die local nagclub.  Ek laaik Afrika musiek nou al baie....

Ek en my malaria pille het ook 'n love/hate verhouding en gisteraand wou hulle net nie inbly nie.  Miskien omdat aandete 'n klein boksie Rice Crispies was.   Het net nie kans gesien vir die straatkos nie.  Bietjie bewerig vanoggend, maar 8uur is ons al oppad.  In die eerste dorp, (wel eintlik is hier nie dorpe nie, alles is stede want hier is net te veel mense) word ons weer afgetrek by die 3de padblokade vir die 1/2 uur wat ons al op die pad is. Sunday ken nie die pad na Calabar toe nie.  Ek kan net die GPS volg, aangesien Tracks 4 Africa dit op het en die ander een die rigting perfek aandui.  Sunday stem nie met my saam nie, eerstens dink hy die afstand wat die GPS gee is verkeerd.  Hy reken ons moet so 500km doen, en die GPS sê 210km.  Hy vra die polisieman om vir ons 'n bus te stop en hulle te vra of ons agter hulle kan aanry - hallloooo ek weet hoe ry daai busse.  Maar daar wag ons toe vir die bus.  Die konstabel kom opgewonde aangehardloop, die kar gaan Calabar toe en die bestuurder is 'n soldaat.  Fantasties wat wil jy nou meer hê.  En daar het ek toe nou sommer my eie persoonlike escourt wat met sy hazards aanry, ek weet nie wat hy vir die ouens by die padblokkades sê nie, maar ek word omtrent gesalueer as ek verby kom.  Ek is net een maal afgetrek deur manne in siwie klere.  Ek moes betaal omdat ek advertensie op my kar het.  Na 'n lang gesprek het hulle gesê ek kan gaan as gevolg van die hijakkings wat plaasvind.  Dit maak nou nog nie vir my sin nie, maar ek het nie gevra om dit aan my te verduidelik nie.  Die 'escourt' van my was natuurlik bietjie haastig, of in Nigeriese terme het hy by die spoedgrens gehou - die spoedgrens wat net geklasifiseer word as baie vinnig....  Die arme buffel moes net byhou.  Ons is 'n paar keer airborn en het ook paar groot potholes geslaan, omdat ons net nie kon uitswaai nie, trokke aan die een kant en motorfietse aan die ander kant.  Ek kan nie my oë vir 2 sek van die pad afhaal nie.  Die wrakke langs die pad getuig van 'n padnetwerk en bestuurders wat buite beheer is.

Ek het verbouereerd begin raak en het gestop en aan my persoonlike soldaat verduidelik dat hy maar kan ry ons sal die pad vind, want hy ry te vinnig en my kar kan nie die spoed handaaf nie.  Hy het aangedring daarop dat hy my sal vergesel tot waar die pad veilig en reguit is.  En dit is wat hy gedoen het.  Met ons afskeid het hy 'n foto van my geneem en sy besigheidskaartjie aan my oorhandig vir ingeval ek hom nodig het.  Ek het hom betaal met 'n flits en 'n knipmes - nie $1000 nie.

Calabar is een van die mooiste stede wat ek nog gesien het.  Dit is in Afrika standaard definitief die mooiste en skoonste.  Die verkeer nog steeds chaoties.  Ek het ingebook in die Mirage hotel, om die blogs op te vang.  Alleen by die Chinese restaurant gaan aansit, en tot my verleetheid het ek nie genoeg geld gehad om die rekening te betaal nie.  Kos my, in my kar klim, bank toe ry en gaan geld trek.  Ek het dollars gelos as 'deposito' dat ek sal terugkom om te kom betaal.

****  Twee ou ooms sit in die Spur en eet, die krag gaan skierlik af.  Die een oom sê vir die ander oom "my hemel daar kak altwee my oë gelyk"  ****

Nou, my oë kak nou so elke 1/2 uur - dan 'loadshed' Nigeria. Hulle is blykbaar ook nie bekend vir genoeg elketrisiteit nie.   Ek sit en tik hierdie blog met my Penzl kopliggie.

More Cameroon.  Teerpaai hou blykbaar nou op en die groot avontuur van modder en jungles begin.  Moet sê ek sal nie omgee nie, bietjie gatvol vir teerpaaie.  Weet nie wanneer ek weer wifi opvangs gaan hê nie, maar sal per sms die blog opsit.

Ek het van die ander dae ook op datum gebring.  Lees maar!  Baie dankie vir almal wat op die gasteboek skryf.  Dis die eerste ding wat ek oopmaak as ek internet kry.  Dit maak die "journey" makliker as ek weet almal travel saam.  En dankie vir almal wie se name op my kar staan  -  dis baie special!!