Rally - Blog
Feb 22, 2011

Ghana: Accra dag 3


Category:Budapest - Bamako

Nog 'n dag in 5* luxury.  Ek eet pannekoek en caramel sous vir ontbyt.  Gedress en gepress met my akte sak kry ek 'n taxi om my by die Angolese ambasade te gaan aflaai.  Dis 1/4 voor 9 toe ek daar stop en die wag groet vriendelik en maak die hek oop dat ek kan ingaan.  Ek moet inteken en die tannie is net so aangenaam.  That's it! Dink ek by myself, al my visa kak eindig net hier vandag.  As ek Angola het dan kan ek in rus en vrede die pad na die suide aanpak en reguit huis toe ry.  Ek sê my skietgebedjie op vir die soveelste keer vandag en stap met 'n huppel in my stap by die volgende kantoor in.  Ek verduidelik my delemma aan die dame met die fake zeff Brenda Fasi pruik en sy val my in my rede en sê sy is baie jammer maar hulle issue net visa's aan inwoners van Ghana of as ek 'n werskpermit het.  Ek verduidelik weer  my hele storie en vra of sy dalk my net kan help om uit te vind waar ek 'n visa op my roete kan kry.  Blykbaar net in Ivory Coast. "Maar mam" protesteer ek "daar is oorlog in die land, ek kan mos nou nie soontoe gaan nie" Sy sê haar ambasade is oop daar en dis al waar ek gehelp kan word.  Ek vra vir briewe vir toestemming in DRC in, sodat ek my visa op die grens van Angola kan kry.  Jip jul het reg geraai -  NEE.  Die beste een vir my is "You should have plan your trip better"  En met die besluit ek om oor te gaan na my secret weapon toe  -  TRANE  -  ohhh dit het nie goed af gegaan nie.  Sy klap daai glas deurtjie voor my toe en sê dat ek nou maar kan loop.  Met hang skouertjies en 'n tissue vol make-up probeer ek 'n taxi stop in die straat.  Die tyd:  5 voor 9.

Eers gatvol, toe moedeloos, toe die moer in, en toe besef ek daar is seker maar 'n rede hoekom ek nou nie die ding hier kon kry nie.

Bere gou alle dokumente en skiet terug Mall toe.  Shop lekker in al die winkels en die laaste stop is Shoprite.  Eers beskeie met die mandjie, maar gou gesien dit gaan nie werk nie.  Ek koop daai trollie vol.  Nog tuna, kaas, koue vleis, custard, Simba chips , Aero's en milkybar's.  Daai broeke gaan een van die dae weer pas as ek al die goed in het.

Almal wat iets of iemand is in Ghana het 'n 'driver' - nou hulle hang in die parkeerarea uit, waar ek ook elke dag of die kar gaan start of gaan regpak, of skoonmaak.  So ons is almal nou al op voornaam terme.  Terwyl ek al die groceries inpak vra hulle my uit oor my roete.  Die reaksie toe ek vertel ek gaan deur Nigeria ry is van absolute skok.  Almal praat gelyk en elkeen weet van groter horror stories as die ander een.  Hulle sê ek moet besef dat Nigeriers is nie soos hulle nie.  Nigeriers is slegte mense, hulle is 'crazy'  Hier staan ek in die middel van Afrika met 7 Afrika mans en gesels en hulle waarsku my oor Afrika.  Sien iemand die humor hierin.  Elkeen gee sy sel nr en bied aan om my te kom help as daar probleme is.  2 is bereid om hulle werk net daar te los en saam te gaan, om seker te maak ek is veilig.  Hoe meer dae  - hoe meer dinge