Rally - Blog
Feb 19, 2011

Ghana: Kumasi - Cape Coast - Big Milly's


Category:Budapest - Bamako

Ek vroeg op om die trafic te mis, maar slaan 'n ontbyt op spitsverkeer.  Ons is net 2 tafels en ek wag 45 minute vir 'n eier en toast.  Die eier gaan nog nie smooth af nie en ek spring in die kar.  Kry 'n taxi om weer die pad vir my  aan te wys. 1ste links en 1ste links en ek is op die regte pad in die Cape Coast rigting.  Flits my ligte vir die taxi bestuurder en betaal sy geld en ek is weg.  Padverleggins en potholes is aan die order van die dag.  Soos die  vorige dae het ek my lelik misgus met die tyd en afstand wat ek moet aflȇ.  Ek is oopad na Kakum National Park  en ook Cape Coast, die tyd is min en ek moet kies.  Ek het al genoeg in hoȅ bome rondgehang, so ek opt vir die slawe kasteel in Cape Coast.  Ek het my Jamaica vriendin ‘Mamma B’ se trinklets saamgebring en ek vat haar saam op hierdie reis deur Afrika.  Haar grootste wens was om terug te kom na haar moederland Afrika toe.  Sy het nog as jong dogter as ‘n slaaf in die suikerrietlande gewerk en het die ‘shackle’ merke op haar arms om haar te herinner daaraan.  Sy het dit reg gekry om in SA vir haar ‘n nuwe Afrika nes te kom skrop. Ek nodig om namens Mamma B die sirkel te voltooi.  Ek neem die toer van die kasteel en gaan staan by "the point of no return ", ek gaan sit op die strand en gooi van haar krale in die see.

Ek ry Big Milly’s toe  - in die dorpie Korobite net voor Accra.  Ek het plek bespreek vir 3 aande.  Wat ‘n stunning backpacker joint, kompleet met rasta’s en ‘n coctail bar.  Noah verwelkom my en en lig my in dat ek nie soos die slaapsaal-tipe lyk nie, hy gaan eerder vir my ‘n kamer soek by een van die ander hotelle.  By die Ocean View Beach Resort is daar toe net die plekkie vir my. Soos Martha altyd sȇ:  ‘Die Here hy is’  -  nou weet ek hoekom die hotel vol was vir die aand.  Hier in my villa met ‘n spons toilet sitplek, kon ek darem so bietjie slaap inkry.  Die partytjie langsaan by Big Milly’s is stunning! Blykbaar elke Sat aand.  Bring net jou eie vriende of geselskap.  Jou gemiddelde toeris in die gedeelte van die wereld is of:   a) 18 jaar oud (kon my kinders gewees het.   b) of 70 jar oud, met harde jare in die son en tande om die profiel 100% te volmaak.  c) of hier om geselskap te soek van iemand met ‘n ander velkleur as wat jy is - Happy Endings…..   d) Waterkloof tannies met groot 4x4’s maak nie die rasta/overland cut nie.  Ek het ‘n lieflike aand onder die sterre op die strand en "no woman don’t cry" speel in die agtergrond.

‘n Hele bottel baba poeier, ‘n klein blikkie doom, 2 Pina Colade’s, ‘n lekker bord “Sexy Casava fish” en my vliegtuig-oorpluisies raak  ek uiteindelik aan die slaap.  Deur die oorpluisies hoor ek hoe  ‘n volle Rasta band Bob Marley vals sing tot 3uur in die oggend.