Rally - Blog
Feb 18, 2011

Ghana: Tamale - Kumasi


Category:Budapest - Bamako

Ek maak 2 nuwe vriende by die Shell garage terwyl ek petrol ingooi en bande check.  Het 'n slow puncture agter links en 'n flat gehad wat ons in Mali geplug het.  Ek is hoopvol vandag, nie vêr om te ry.  Paaie lyk goed, musiek is kliphard, die omgewing verander na reën woud en ek doen karobicks.   Ek sal goed moet begin uitdink elke dag om myself mee besig te hou.

Hier en daar 'n moerse pothole en jy sal my nou nie glo nie, wragtig 'n paar padverleggings.  Ek deel penne uit aan die tannies met die groente en vrugte op hul koppe en die klomp in die taxi agter kom ook aangehardloop vir hul geskenke.  Elke keer as die taxi verby my ry dan hang almal uit om te waai.

Kry weer nie ge-eet nie, hierdie keer eet ek tuna in die ry.

Ek ry Kumasi in op 5 uur verkeer en dis nogal chaoties.  Die GPS wys net 'n algemene rigting en ek probeer volg.  Die pad wat ek afgedraai het is nie reg en ek draai om, by die volgende verkeerslig besluit ek om reguit aan te ry........... wat 'n totale f#kop!  Ek ry reguit in die mark in en daar staan ek in dreadlock verkeer - ek ry 'n uur aan 1km. Dis onuithoudbaar warm en ek kan nie die aircon aansit nie, met die venster oop is dit soos 'n drive-buy chat window. Where your from Madam, where your going Madam, ohhh your crazy Madam.  Die een wys ek moet agter hom ry, sal my op die regte pad kry. Maak u-turn met die trok, ry omtrent 10 hoenders dood en mis die oom met die tamatiestalletjie net-net.  Ek haal diep asem, maar my dag is nog vêr van klaar.  7uur stop ek voor Hotel Sunset.  Ek val op die bed neer en huil onophoudend.  Ek bewe, is naar en voel sommer net nie lekker nie.

Arme Johnny, hy kry hierdie huilende vrou op skype elke aand.  Hy praat net moed in.  Die kids se stemme maak alles beter.

340km - 8ure