Rally - Blog
Feb 17, 2011

Burkina Faso - Ghana


Category:Budapest - Bamako

Min slaap, die generator was langs my kamer venster.  Ontbyt net so duur soos die kamer, ek pass op onbyt en besluit om sommer brood langs die pad te koop.  Ek kry 'n taxi bestuurder wat ek probeer verduidelik om voor my uit te ry tot ek uit die stad is en op die regte pad is.  Hy ry uit by die hotel, draai regs en stop 50m verder.  Klim uit en verduidelik dat ek net moet reguit aanry - dis die regte pad.  F$k kon ky nie net so gesê het nie.  Ek betaal hom sy geld, bestudeer sy gesig - sy hele gesig is uitgekerf, die ongelooflikste 'scars' - en vat die pad.  Die Chinese bou nog steeds paaie hier.  Padverleggings elke 10km, moerse potholes, padverleggings. potholes, padverleggins, en o ja het ek gese potholes.

Grenspos is bietjie besiger as my vorige dag se ondervinding.  Almal baie hulpvaardig en nog steeds verstom dat ek alleen ry.  Ek is nog steeds besig om almal te oorreed dat ek wel  van Suid Afrika af is.  Die custom official by die Ghana kant vat my nommer en sê hy gaan my bel om seker te maak ek kom veilig in Accra aan.

Agv die padverleggings kan ek nie stop vir iets om te eet nie.  3 uur is die bloedsuiker bietjie laag en my oë wil nie meer lekker fokus nie. Ek trek af onder 'n boom en haal vir my 'n pakkie tuna en tuc koekies uit, sluit myself in die kar toe en sit die aircon of full blast.  Daar sit ek stoksiel alleen en nuttig middag ete.  Dit was nogal lagwekkend.....

1ste polisie stop in Ghana kom die ou met die gun om my internasionale bestuurderslisensie te vra. Toe kom die lawaaierige 'mama' aan. Sy k#k my uit oor ek SA vlae het wat op my kar is.  Sê as sy in my land is mag sy nie haar vlae waai nie.  Ek versuidelik dat dit nie waar is nie, want met die World Cup het ek groot Ghana vlae gehad wat oral van my kar af gewapper het.  Die ys is gebreek, vra my uit oor my ouderdom, man en kids, vertel my van haar familie en wens my 'n voorspoedige reis toe.  Volgende stop so klenirige arogante polisieman wat my inlig dat regterhand=bestuur karre onwettig is in Ghana. Ek sê ek stem 100% met hom saam, want dis moeilik om te bestuur.  4 padblokades later kom ek in die dorpie Tamale aan.  Die eerste 3 hotelle wat ek aanklop is vol en eindig uiteindelik by 'n plek met wifi en 'n aircon en warm water. WoW dinge word beter.

Ek is baie moeg en baie naar en sukkel om kos binne te hou.

410km  =  9ure