Rally - Blog
Feb 16, 2011

Mali - Burkina Faso


Category:Budapest - Bamako

Sikosso MALI – Ouagoudougou BURKINA FASO

Gewone 8 uur verkeer in Sikasso; donkie karre, fietse, mopeds en dames met baie stuff wat hul op hul koppe balanseer.  Kyk kan ons nou eerlik wees – in Afrika standaarde is ek kak sleg.  Ek sal ‘n rugspasma kry wat my vir ‘n week in die bed sit met setpille die werke,  as ek net probeer om daardie op te tel.  Terwyl ek kinders, skape en bokke probeer mis ry met my 10 ton trok, bars ek ewe skierlik in trane uit.  Ek het dit nie sien kom nie.  Chris Cameleon sing sy hart uit.. (haleluja die ipod werk! )

3 snikke verder vee ek die trane af, draai links by die sirkel wat sȇ “Burkina Faso Frontier” en sing saam Bok ‘Dis tyd om te trek’.

Pad is stil en so ook die grenspos.  Ek is die enigste persoon wat vandag Burkina toe gaan.  Vinnig word ek uitgestamp uit Mali uit en ‘n paar km verder onder ‘n boom kry ek my in-stamp, ‘n koppie tee en ‘n lang gesprek met gebare taal.  Ek word ‘n voorspoedig reis toegewens.  Die pad is baie stil, ek chat maar met myself en probeer fotos deur die venster uitneem.  Dit wil nie werk nie.  Ek verstom my aan die ongelooflike name in die land; Dougoumata, Toubougou, Soukourlaye, Konkolekan, Nouladoulagou, Poura en Tite.   Die beste van als was die village van MINA – sien my bynaam van kind af is Mina.  En wragtig in die middel van Burnkina Faso sal ek nou die dorpie vind wat net na my vernoem is.  Ek stop vir ‘n foto my die bord, maar niemand om  my af te neem nie.  My eie poging is onsuksesvol, net my oë en die helfte van die bord is in.  Die kar is darem ‘n goeie model, en so geduldig.  Daar is net 7 hutte hier op Mina  - die Wimpy het laas week toegemaak, dink die location is verkeerd – almal peul uit hul huisies uit en kom aangehardloop.  Ek maak van die guldige geleetheid gebruik om die waarde van education aan hulle oor te dra en deel vir elke kind ‘n sak, boek en penne uit.  Ek vertel in mooi Afrikaans vir hulle dat hulle moet water spaar, tande borsel en elke aand bid.  Ek neem ‘n foto met die inwoners van Mina en kyk in my truspieëltjie hoe almal waai.  Wie weet dalk help my speech.

Ek ry Ouagoudougou in toe die son sak. Burkina Faso is definitief die land met die coolste naam vir ‘n hoofstad, word uitgespreek ‘wagadogoe’ .  Die hotel is baie suspect van buite af, maar ek is gatvol gery en ek gaan nou bly.  Daar is gelukkig wifi en ek nuttig ‘n groentesop vir aandete.  Wie sou kon raai, Ouagoudougou…….  en Mina in een dag – nou travel ek wyd……!