Rally - Blog
Feb 15, 2011

Bamako - Burkina Faso border


Category:Budapest - Bamako

Die tyd het aangebreek.  Die pad huistoe roep.  Ek weet nie of ek opgewonde of bang is nie, ek weet nie of my maag wil werk en of ek wil huil nie.  Om net eers aan die gang te kom, maak dit 'n realiteit.  Dankie vir almal se wense op die Gasteboek.  Ek gaan van nou af Afrikaans en Brits moet skryf.  Die ander engelse maatjies kak my uit omdat hulle nie verstaan nie.

This is it guys.  I'm on my way to Burkina today.  Little scared, or maybe a lot....  I'l keep you posted in English as well.

11:00 Ek is sak en pas af kar toe, klaar uitgeboek.  daar is nie meer omdraai nie.  Die kar word omring met nuuskurige mans.  GPS - check, selfoon - check, sat foon - check, water - check.  Ek reel vir my 'n taxi om voor te ry todat ek uit die stad uit is.  Die verkeer in Bamako is nogal erg.  'n Omie met uit tande sal voor ry.  Soos ek uit die parkering van die hotel ry, waai my nuutgevonde vriende vir my.  Ek weet nie of hulle weet hoe groot hierdie oomblik is nie.  Ons stoei deur die stad se verkeer, die taxi trek af, die oom klim uit en ek oorhandig hom sy geld.  Toe ek in my tru spieeltjie kyk toe waai hy nog steeds.

Dit is dit , dis waarvoor ek maande lank aande omgesit het en beplan het.  Maar beplanning werk nie altyd nie.  Ek neem 'n korter pad grens toe - rede ek is nie lus om dieselfde roete te ry wat ek 'n week terug gery het nie.  Die pad is stil, ook maar goed so.  Dis moeilik met die regterhand bestuur om motors verby te gaan.  Die gedeelte van Mali is groen en baie bosveldagtig.  Van Bamako to Sikosso het ek nog geen, ek bedoel GEEN wit mense gesien nie.  Ek is in DONKER AFRIKA.  Die Chinese is besig om die pad op te gradeer.  Met tye het ek 'n hi-way gehad en dan moes ek die verleggings aandurf met  stof en modder.  Gestop vir petrol en ek moes die agterste bande op-pomp.  Maar hulle het geen air nie, ruk toe gou my kompressor uit en pomp self die bande - tot baie groot verbasing van die mans.  Maar hulle het my vinnig gehelp en ek het hulle elkeen beloon met 'n flits.  Weer is ek met baie opgewondenheid en vriendelikheid gegroet.

Net 1 polisie blokkade, maar definitief meer uit nuuskierigheid uit.  Wou alle dokumente sien en my gevra waar ek heen oppad is.  (Ek verstaan al die Franse taal mooi - en praat so bietjie.....kleine bietjie) Ek het hom my roete verduidelik.  Hy het gesê ek is mal, en sy vinger so om sy kop gedraai, my papiere terug gegee en my 'n veilige reis toegewens.  Ek het sommer in die eerste hotel ingeboek toe die son begin sak.  Splinternuut met mooi blink Indiese meubels en blommetjies komberse, net soos Anna s'n by die huis.

Behalwe vir die Ipod wat nie wou werk nie, en ek wat al met myself begin gesels het, die 2 blits vinnige pipi's langs die kar, die 3 snaakse springrolls in my bord en die vriendelike Chinese in die restaurant - was die dag eintlik heel uneventfull  -  en uneventfull is vir my nou goed.