Rally - Blog
Feb 11, 2011

Terug na Bamako via Djenne


Category:Budapest - Bamako

Ons kan nie glo die tyd vlieg so vinnig nie. Kids en Johnny vlieg oor 2 dae. Ons gaan probeer om vanaand in Bamako te wees. Ek moet kar diens vir die lang tog na die suide. Sal hopelik tyd hê om die blog mooi op datum te hou as ek begin ry. Ons het 'n vreeslike besige tyd gehad die laaste maand. Hoop om klere te was en op te stock met proviant vir die lang pad. Die kinders het al my kos opge-eet, seker ek sal groot supermark kry om kos voorraad aan te vul. Ons ry terug Djenne toe om mooi foto's te neem voor die modder moskee. Maandag was markdag daar en kon nie die moskee van voor af afneem nie. So ons detour vandag vir daai spesiale foto!!! Merlinda