Rally - Blog
Jan 29, 2011

Diema


Category:Budapest - Bamako

Oppad na Diema, maar nog besig met wedren en probeer nog punte bymekaar maak. Hoop ons suspensie hou, ducktape werk hard om petrol en waterpype te beskerm. Paaie ongenaakbaar, warm en stofferig. Vanaand word bokke geslag en feesmaal gehou in local village, vodka gedrink en baie stories vertel. Beloof om opwindende dag te wees !!!

29-1-2011 20:38 - Ons dans en skaapslag seremonie interressant, ma het nou die pad gevat. Die kampplek in dorpie, te veel Afrika. Jy kan nie jou deur oopmaak nie, dan staan daar 8 wat geskenkies soek. Hoop ons kry slaapplek, anders slaap ons solank in Bamako.

Ons kids vlieg vannag, saam met mentor Werner, en sal more by ons aansluit. Ons gaan dan vir so twee wekies saam  Timbacto, Dogan country, Mopti en die Niger River toe voor ek die pad aandurf terug Brooklyn toe!