Rally - Blog
Jan 15, 2011

Sommer net


Category:Budapest - Bamako
Sjoe, dis nogal moeilik om te travel en om hierdie blog ding op datum te bring, ons budget laat nie daai hotelle toe wat WiFi in die kamer het nie. So ons moet maar tussen in probeer om internet te kry. Ek het gister ewe getrou gaan sit om te blog maar dit is op 'n local rekenaar, weet nie of julle dit weet nie maar 'n arabiese rekenaar se letters is anders gerangskik as ons s'n, na die honderste keer wat ek moes spelfoute regmaak in die eerste sin, het ek dit opgegee vir 'n bad job.